Skip to main content

Ryp Oorgawe (Afrikaans) - C.Wentzel

line13

Nou dat ek weet wat dit eintlik kos
Sal ek wéér my drome en ideale los
Dis mos wat ek lank gelede belowe het
Met my heel eerste oorgawe-gebed

Nou dat ek die koste bereken het en séker weet
Sal ek die Lam volg en oral by Hom wees
Daar was al tye wat ek van Hom weggekyk het
En op my eie van die pad agter Hom afgewyk het

Nou dat ek weet hoe om die Here te dien
Sal ek dissipline in die regte lig sien
Met Agapé vir God as my leidsman
Sal dissipline die standhoudende faktor bring

Nou dat ek weet wat dit van my vra
Sal ek heelwat meer vreugde openbaar
Om aan ‘n verlore wêreld duidelik te wys
Hoe ‘n waardige beelddraer van Christus lyk

Nou dat ek weet watter toewyding Hy eis
Sal my oorgawe ryper, dieper verrys
As al die uitknielgebedjies van my blote mond
Om my hart sy ede te laat aflê voor die Lewende God

Here Jesus sal U my die genade gee
Om voortaan daagliks, tree vir tree
U in alles te behaag en op te lig
Sodat my nietige lewe U sal versadig

Voor die skaduwee opgaan oor my lewetjie
En ek net as ‘n vergeefde gelewe het
Sonder om my ryper oorgawe te onderskryf
Met ‘n smeltende liefde vir U, my God en ‘n gekruisigde ‘self’

Mag die woorde van my mond en die  oordenking van my hart
In die lig van U aangesig slaag as welbehaaglik
En mag U heilige waarheid in my binneste, o Heer
Die vrugbeginsel van my motiewe regeer!

rose32

Views

3660

Share this article