| Ryp Oorgawe (Afrikaans) |
|
|
|
| The Adornments |
| Written by C.Wentzel |
|
Nou dat ek weet wat dit eintlik kos Sal ek wéér my drome en ideale los Dis mos wat ek lank gelede belowe het Met my heel eerste oorgawe-gebed Nou dat ek die koste bereken het en séker weet Sal ek die Lam volg en oral by Hom wees Daar was al tye wat ek van Hom weggekyk het En op my eie van die pad agter Hom afgewyk het Nou dat ek weet hoe om die Here te dien Sal ek dissipline in die regte lig sien Met Agapé vir God as my leidsman Sal dissipline die standhoudende faktor bring Nou dat ek weet wat dit van my vra Sal ek heelwat meer vreugde openbaar Om aan ‘n verlore wêreld duidelik te wys Hoe ‘n waardige beelddraer van Christus lyk Nou dat ek weet watter toewyding Hy eis Sal my oorgawe ryper, dieper verrys As al die uitknielgebedjies van my blote mond Om my hart sy ede te laat aflê voor die Lewende God Here Jesus sal U my die genade gee Om voortaan daagliks, tree vir tree U in alles te behaag en op te lig Sodat my nietige lewe U sal versadig Voor die skaduwee opgaan oor my lewetjie En ek net as ‘n vergeefde gelewe het Sonder om my ryper oorgawe te onderskryf Met ‘n smeltende liefde vir U, my God en ‘n gekruisigde ‘self’ Mag die woorde van my mond en die oordenking van my hart In die lig van U aangesig slaag as welbehaaglik En mag U heilige waarheid in my binneste, o Heer Die vrugbeginsel van my motiewe regeer! |




